Tuisblad

Groblersdal Gholfklub is geleë net buite die dorp, naby Loskopdam in Mpumalanga en bestaan uit 'n 9 putjie-gholfbaan.  Die klubhuis is omring deur bosveldbome en die fasiliteite word ook beskikbaar gestel vir funksies.

Die lokaal is ruim en ten volle toegerus vir funksies.  Sitplek vir 120 gaste is beskikbaar.  Spyseniers van die aanliggende restaurant kan gebruik word, of, daar kan gebruik gemaak word van eie spyseniers.