Klubdag 6 Junie 2018

  • Sarel.jpg
    Sarel Schoeman is die wenner vir die dag met 39 punte.
  • Andre.jpg
    André Beer neem tweede plek met 38 punte.
  • Robbie-Hennus.jpg
    Robbie Roberts neem derde plek met 34 punte.
Sarel wen klubdag

Groblersdal Gholfklub het Woensdag ’n klubdag IPS kompetisie aangebied, waartydens 21 spelers deelgeneem het.


Sarel Schoeman is die wenner vir die dag met 39 punte, André Beer neem tweede plek met 38 punte en Robbie Robert neem derde plek met 34 punte.


• Die klub herinner die publiek dat Woensdag, 13 Junie, word die maandelikse Bierbeker kompetisie aangebied by Groblersdal Gholfklub.
• Die publiek word hartlik uitgenooi na die NG Kerk Fondsinsamelingsdag Saterdag, 16 Junie. Daar sal talle wonderlike pryse wees om te wen. Die eerste prys is ’n blou wildebeest en die eerste prys vir nie-gholfers is ook ’n blou wildebeest. Tweede pryse is ’n rooibok en daar sal ook kontant pryse wees om te wen.

Next article Previous article

Epos ons nou

* Please fill all required form field, thanks!