Boere vs Dorp 25 Julie 2018

Boere wen die Dorp

Groblersdal Gholfklub het hul jaarlikse Boere vs. Dorp kompetisie aangebied.
’n Groot totaal van 48 spelers het aan die dag deelgeneem, heerlik saam gekuier en smullekker aan die spitbraai geëet.


Die Boere is as die dag se wenners aangewys met ’n totaal van 837 punte. Die dorp neem tweede plek met 833 punte.


Naaste aan die pen op vier en 13 is Dennis Lountzis en op agt en 17 is Sarel Schoeman.


• Groblersdal Gholfklub nooi die publiek hartlik uit na die Utopia Winter Dans Vrydag, 27 Julie, asook die Bonus Bogey Kompetisie Saterdag, 28 Julie.
Vir meer inligting kontak Jaco Kotze by 082 789 9168.

Previous article

Epos ons nou

* Please fill all required form field, thanks!