Liefdadigheids-Gholfdag 21 Julie 2018

Liefdadigheids-gholfdag ’n reuse sukses

Agri Lostkop, VLU Willie Hamman Groblersdal en Obaro Groblersdal het saam gespan om ’n liefdadigheids-gholfdag ten bate van die die Sentrum vir Berading en Remediëring van Hoërskool Ben Viljoen aan te bied by Groblersdal Gholfklub.


Die dag was ’n reuse sukses en is ’n bedrag van R150 000 aan me. Celia Voster, hoof van die beradingssentrum, en mnr. Albert Swaters, skoolhoof, oorhandig.
Dié sentrum voorsien 12 gesinne per maand vvan basiese kruideniersware. Daar word ook kos voorsien aan 30 leerlinge en mediese koste word help betaal van leerders wat hulp kort.
Dit is egter ’n druppel in die emmer wat die behoeftes uitbeeld van die nood in die gemeenskap en is die doel van dié gholfdag om maksimum fondse in te samel om ’n wesenlike verskil in die leerders se lewens en toekoms te maak.
Die wenners van die gholfdag is soos volg:
In die eerste plek is Jaco Kotze, Erik van Rensburg, Pieter Erasmus en Ivos Gouws.
In die tweede plek is Tiaan Kruger, Louis Gouws, LM Botha en Kobus Gouws.
In die derde plek is Janneman Booysen, Fanie Schoeman, Lynnette Claase en Malcolm Claase.
Die organiseerders van die dag, Piet Engelbrecht (Agri Loskop), Joseph Kempen (Loskop Katoen), Mossie Oosthuizen (Obaro) en Nerissa Bondesio (VLU Willie Hamman) het hul goed van hul taak gekwyt.
Die organiseerders bedank Jaco Kotze en die Groblersdal Gholfklub vir hul fasiliteite. ’n Groot woord van dank word ook aan al die borge gespreek, sonder wie dié dag nie moontlik sou wees.

Next article Previous article

Epos ons nou

* Please fill all required form field, thanks!