Club Champs 21 Maart 2018

Jan is Klubkampioen

 


Groblersdal Gholfklub het Woensdag hul jaarslikse Klubkampioenskappe aangebied. Dié jaar het ’n groot aantal van 42 speler aan die dag deelgeneem.
Tussen die hitte en son en later die dag se reënbui, het die spelers hul goed van hul taak gekwyt.
Manny Patricio neem tweede plek in Afdeling C Netto met 125 punte.
Dennis Lountzis is die wenner in Afdeling C Netto met 118 punte.
Jean Lountzis neem tweede plek in Afdeling B Netto met 112 punte.
Ivor Gouws is die wenner in Afdeling B Netto met 111 punte.
Robbie Roberts neem tweede plek in Afdeling A Netto met 106.5 punte.
Gerrie Nell is die wenner in Afdeling A Netto met 105.5 punte.
Attie Els is die Ou Garde Netto Wenner met 40 punte.
Andrew Birken neem tweede plek in Afdeling C Bruto met 144 punte.
Cornie Lourens is die wenner in Afdeling C Bruto met 138 punte.
Rene Aquinaga neem tweede plek in Afdeling B Bruto met 123 punte.
Peet le Grange is die wenner in Afdeling B Bruto met 122 punte.
Anro Kotze is aangekondig as die Junior Kampioen.
Malie Lourens is die Dames Kampioen met 97 punte en Attie Els is die Ou Garde Kampioen met 50 punte.
Die algehele wenner van die dag is aangekondig as Jan Jacobs en word hy gekroon as die Klubkampioen vir 2018 met 106 punte.
Next article Previous article

Epos ons nou

* Please fill all required form field, thanks!