Hyundai Borgdag 14 Maart 2018

  • DIMG_7504rs.jpg
  • DIMG_7503rs.jpg
  • DIMG_7505rs.jpg
  • DIMG_7506rs.jpg
Attie wen Hyundai Mini-borgdag


Sewe en twintig gholfspelers het Woensdag aan die Hyundai Mini-borgdag deelgeneem by Groblersdal Gholfklub.
Daar was harde kompetisie onder die spelers en het Jacques Strydom naaste aan die penne op vier en 13 behaal en Jan Jacobs op agt en 17.
Die wenner vir die dag is aangekondig as Attie Els met 41 punte en Willem van der Merwe neem derde plek met 40 punte.
Groblersdal Gholfklub bedank Peet le Grange wat die Hyundai Mini-borgdag by die klub moontlik gemaak het.
Die klub herinner die publiek dat daar op 21 Maart Klub Kampioenskappe gaan wees en op 22 September die Groblersdal Ope vir die gholfspelers wat hul staal wil wys. Alle inligting van dié dae is teen die kennisgewingsbord by die Groblersdal Gholfklub.
Next article Previous article

Epos ons nou

* Please fill all required form field, thanks!