Cornie wen Steers Bierbeker
Groblersdal Gholfklub het Woensdag die Steers Bierbeker Medal kompetisie aangebied, waartydens 15 spelers hul talente ten toon gestel het om die titel te neem.
Cornie Lourens is aangekondig as die wenner vir die dag met 57 punte, Gerrie Nell is kort op sy hakke in die tweede plek met 72 punte en Robbie Roberts neem derde plek met 73 punte.
Dennis Lountzis is naaste aan die pen op ag ten 17.
Groblersdal Gholfklub bedank Gerrie Nell wat die Steers Bierbeker kompetisie elke maand vir die spelers moontlik maak.