Groblersdal Gholfklub het Woensdag hul bekende Steers Bierbeker Borgdag aangebied, waar 26 spelers deelgeneem het. Naaste aan die penne was Jeann Luntzis en Jan Jacobs. Willie Oosthuizen is die wenner van die Bierbeker kompetisie, Rene Aguinaga is tweede en Jeann Luntzis derde. Die klub bedank Gerrie Nell wat hierdie Bierbeker kompetisie moontlik gemaak het.