Nuusbriewe

Lede borgdag 30 Mei 2018

  • 7de-.jpg
    Sewende plek: Ian Jacobs, Jan Jacobs, Arthur Creighton en Pieter Erasmus.

Lede borgdag ’n reuse sukses

Groblersdal Gholfklub het Woensdag ’n lede borgdag kompetisie aangebied waartydens 32 spelers deelgeneem het.
Jacques Lessing, Johan Meyer, Andrew Berkin en Deon van der Merwe neem die eerste plek met 57 punte.
Gerrie Nell, Robbie Roberts, Dennis Lountzis en Martin van Zyl neem tweede plek met 55 punte.
In derde plek is Andre Beer, Phillip Maritz, Johan Greyling en Hennus van der Merwe met 54 punte.
Daar is ’n totaal van nege spanne wat deelgeneem het en het elk met ’n wonderlike prys weggeloop.
Die dag se deelnemers het uitstekende gholf gespeel en die dag afgesluit met ’n skaap spitbraai en ’n gesellige kuier.
Groblersdal Gholfklub bedank dié lede wat sand geskenk het vir die baan en elke persoon wat van dié dag ’n reuse sukses gemaak het.
Op 16 Junie vind die NG Kerk gholfdag plaas by Groblersdal Gholfklub. Die gemeenskap word hartlik uitgenooi om aan dié dag deel te neem.

Lees meer

Epos ons nou

* Please fill all required form field, thanks!