Nuusbriewe

Liefdadigheids-Gholfdag 21 Julie 2018

Liefdadigheids-gholfdag ’n reuse sukses

Agri Lostkop, VLU Willie Hamman Groblersdal en Obaro Groblersdal het saam gespan om ’n liefdadigheids-gholfdag ten bate van die die Sentrum vir Berading en Remediëring van Hoërskool Ben Viljoen aan te bied by Groblersdal Gholfklub.

Lees meer

Woensdag Kompetisie IPS 4 Julie 2018

LM wen IPS kompetisie

’n Groot getal van 32 spelers het Woensdag aan die IPS kompetisie by Groblersdal Gholfklub deelgeneem.
Naaste aan die pen op vier en 13 was Andre Beer en op agt en 17 was Hein Schoeman.
Die wenner van die dag is LM Botha met 38 punte, Pieter “Mooi-arms” Erasmus is in die tweede plek met 37 punte en Hendrik “Skolla” Scholtz is in die derde plek met 37 punte.
Die gholfklub bedank al die spelers wat aan die kompetisie deelgeneem het en nooi die publiek uit om Saterdag, 7 Julie, saam deel te neem aan die Bonus Bogey kompetisie wat by die klub sal plaasvind.

Lees meer

Epos ons nou

* Please fill all required form field, thanks!