Hoofblad
Ons begin... waar ons opgehou het.
Verlede Saterdag het ons netto liga teen Marble Hall gespeel. Dit was op ons tuisveld en Marble Hall is met 8 - 0 verslaan. Dit is maar 'n krapperige situasie tussen die twee buurdorpe en ek sal nou nie sê wie se gesigte was tot by hul ore van glimlagte nie.... Gerugte loop dat die spanbestuurder die weg van Mickey Arthur gevolg het???
Na die droogte het die waterfiskaal erens besluit om water oop te maak, maar die hoeveelheid was bietjie te erg vir ons sisteem, en damme wat eers twee was het nou een geword! Dit reën vandag nog en ons hoop maar net die baan is more speelbaar.
Maandprogram:
3 Medal Bierbeker geborg deur Jan Jacobs Rekenmeesters
6 B/ball stableford Marble Hall Liga tuis
Groblersdal Liga teen Belfast
10 Bonus Bogey
12 IPS Almega Sundowner 1 ste 9
13 IPS Borgdag Laerskool Julian Muller Eerste Rugbyspan
(hulle belowe hierdie gaan 'n lekker groot ene wees!)
Marble Hall Senior Liga tuis
17 IPS Build It Shotgun om 12h30
20 Medal
24 AGR stableford
27 IPS Ou garde borgdag. Speel vanaf dames bowwe!
28 Medal Groblersdal Ope geborg deur Lucas Potgieter
Nuus
Dit is so dat as daar gevaar van weerlig is, spelers mag ophou speel. Plaaslike reëls maak dit soms verpligtend en verbreking van die reëls is diskwalifikasie. Dat weerlig gevaarlik is betwyfel niemand nie. Maar dat die gevaar en die trefwydte tot in die kroeg is, het ek nie besef nie.....?