Hoofblad

Weerlig se trefwydte...


Gholf Nuus
Bygevoeg: 19/02/10

Dit is so dat as daar gevaar van weerlig is, spelers mag ophou speel.  Plaaslike reëls maak dit soms verpligtend en verbreking van die reëls is diskwalifikasie.  Dat weerlig gevaarlik is betwyfel niemand nie.  Maar dat die gevaar en die trefwydte tot in die kroeg is, het ek nie besef nie.....?



Dis toe dat die ligaspan op Belfast a.g.v. weerlig in die kroeg vasgekeer word.  En daar gaan dit toe "bebliksemd"!

Gelukkig kon die span na die onderbreking met 'n gelykop uitslag wegkom.  Saam met die gelykop uitslag wat hulle toe huis toe bring, is daar toe 'n lorrievrag banke ook!  Lyk my toe slaan die weerlig tot in Groblersdal.  Baie dankie vir die span en vir Roelof van Quality meat wat 2 van die banke geborg het.  Daar is nog borge nodig vir die res van die vrag banke, groot asb!

More speel die manne op ons tuisveld teen Bank nadat Bank se baan onder water is.

Verlede Saterdag weereens die wonderwerk...  Kry die kindertjies aan jou kant en ma's, pa's, oupas, ooms en tannies en sommer almal wat trots is op hul bloedjie is in die holte van jou hand.  Jan Jacobs en Lucas Janse van Vuuren wat die eerste rugby span van Julian Muller afrig het die fondsinsameling gereël.  Hulle mag maar want hulle kan.

Gelukkig was die ouers aan hulle kant en die rugbybal is vir R3500 en die trui vir R6000 verkoop.  Robbie Roberts was die afslaer en dit het gemaak dat party mense die heeltyd op die grond gekyk het uit pure bangheid dat die bod op hulle toegeslaan gaan word.  Soos 'n wafferse Wall Street transaksie is die bod op die getekende Bloubul trui toe telefonies op Jaco Kotze toegeslaan.

Wil jy nou meer...

Dis nie net mense wat vir vendusie wou weghardloop nie, maar ook Martin van Zyl was 'n kolhou geslaan het op die dag met 82 spelers en nog 50 ander gaste wat die aand kom saamkuier het.  Martin het toe darem 'n ietsie vir die kroegmanne gegee om die geleentheid te vier.  Dat hy lig losgekom het is verseker!

Die seuns gaan in die eerskomende vakansie op toer na die Suidkus.  Ons wens hulle sterkte toe en hoop hulle sal al die klein haaitjies se tande uittrek!

Charles Poggenpoel se Build it dag gaan van krag tot krag.  Woensdag was daar 39 spelers en ons moes drie 5 balle speel om almal te akkommodeer.
Hierdie klomp Woensdag spelers is 'n regte klomp karnivore.  Al die pap en die sous bly, maar nie 'n krieseltjie vleis nie!  Ek dink in die vervolg los ons maar die pap en die sous!

Kyk maar na die sms'e want volgende Saterdag borg die ou toppies.  Ons speel van die dames bowwe af en daar word van die spelers verwag en darem hulle vroulike kant te wys.  Skeer jou beenhare, wys jou cupsize en trek 'n sjoe-broekie aan....

 

Terug
Print

Nuus

Gholf Nuus
10/03/10
Ons ligaspan gaan van krag tot krag.  Eers het hulle vir Bank hier afgestof...


Gholf Nuus
19/02/10

Dit is so dat as daar gevaar van weerlig is, spelers mag ophou speel.  Plaaslike reëls maak dit soms verpligtend en verbreking van die reëls is diskwalifikasie.  Dat weerlig gevaarlik is betwyfel niemand nie.  Maar dat die gevaar en die trefwydte tot in die kroeg is, het ek nie besef nie.....?



Gholf Nuus
01/02/10
Charles Poggenpoel het gesê "Ons begin waar ons opgehou het".  Maar hy het nie geweet dat die klomp karnivore wat gholf speel nie eintlik vir sy pryse kom nie, maar wel vir die heerlike braaivleis daarna!  Hulle het om die minste te sê vrate van hulself gemaak!  Maar dit wat lekker, dankie Charles!