Hoofblad

Van krag tot krag!


Gholf Nuus
Bygevoeg: 10/03/10

Ons ligaspan gaan van krag tot krag.  Eers het hulle vir Bank hier afgestof...

Marble Hall word toe deur hulle eie slap riem gevang… Nadat hulle 8 – 0 die eerste rondte verloor het, het hulle in hulle “wysheid” besluit hulle wil op Middelburg speel.  Al die onkoste het hulle niks gehelp nie.  Hulle moes druipstert terugkom huis toe.  6 – 2!!

Die ou toppie borgdag het goed afgeloop en die manne het lekker gekuier na die tyd.   Almal sê dankie aan die ou toppies wat bygedra het vir die pryse en die kos. 

Die Groblersdal Ope kampioenskap, geborg deur Lucas Potgieter, was ook ‘n groot sukses.  Aanvanklik moes party spellers weggewys word, maar soos dit gaan het party weer nie opgedaag nie.  Nogtans was dit ‘n vol veld.  Die baan was in ‘n baie goeie toestand en is deur almal geniet.  Dit is lekker om te sê dat ons eie man, Jan Jacobs, met ‘n skitterend 8 onder baansyfer die Ope kampioen is.  Rene Aguinaga het goed gedoen deur die beste Netto telling in te palm.  Almal het baie moeite gedoen, veral Robbie Roberts wat ‘n heerlike koue ete voorgesit het.  Al die spelers was dankbaar dat die kos nie ook nog warm was nie!

Ons klub kampioenskappe is om die draai en word oor 2 dae op 20 en 21 Maart gespeel.  Ons is maar min spelers, so ondersteun asb die dag.

Ons maak ‘n proeflopie Sondag om vir die eerste keer die Bierbeker op ‘n Sondag te speel.  

Die lyste vir die uitklopkompetisies is op die bord.   Skryf asseblief betyds in.
Terug
Print

Nuus

Gholf Nuus
10/03/10
Ons ligaspan gaan van krag tot krag.  Eers het hulle vir Bank hier afgestof...


Gholf Nuus
19/02/10

Dit is so dat as daar gevaar van weerlig is, spelers mag ophou speel.  Plaaslike reëls maak dit soms verpligtend en verbreking van die reëls is diskwalifikasie.  Dat weerlig gevaarlik is betwyfel niemand nie.  Maar dat die gevaar en die trefwydte tot in die kroeg is, het ek nie besef nie.....?



Gholf Nuus
01/02/10
Charles Poggenpoel het gesê "Ons begin waar ons opgehou het".  Maar hy het nie geweet dat die klomp karnivore wat gholf speel nie eintlik vir sy pryse kom nie, maar wel vir die heerlike braaivleis daarna!  Hulle het om die minste te sê vrate van hulself gemaak!  Maar dit wat lekker, dankie Charles!