Boere wen die Dorp Groblersdal Gholfklub het hul jaarlikse Boere vs. Dorp kompetisie aangebied. Liefdadigheids-gholfdag ’n reuse sukses LM wen IPS kompetisie LM wen IPS kompetisie ’n Groot getal van 32 spelers het Woensdag aan die IPS kompetisie by Groblersdal Gholfklub deelgeneem. Lede borgdag ’n reuse sukses Groblersdal Gholfklub het Woensdag ’n lede borgdag kompetisie aangebied waartydens 32 spelers deelgeneem het. Jan is Klubkampioen Die afgelope naweek het die Castle Lite Groblersdal Gholfklub Klubkampioenskappe plaasgevind. Net soos verlede jaar is dit oor twee dae beslis. Saterdag kon al die spelers nie hulle eerste rondte klaarmaak voordat die heerlike reën begin. Die spelers wat vir die heerlike Nando's aandete gewag het is bederf met 'n "happy hour", min het ons geweet hulle sou dit eerder gebruik om hul Blou Bul Blues te verdrink. Oom Wessie reken mos "hoe meer jy drink hoe meer spaar jy".
’n Groot totaal van 48 spelers het aan die dag deelgeneem, heerlik saam gekuier en smullekker aan die spitbraai geëet.
Naaste aan die pen op vier en 13 was Andre Beer en op agt en 17 was Hein Schoeman.
Die wenner van die dag is LM Botha met 38 punte, Pieter “Mooi-arms” Erasmus is in die tweede plek met 37 punte en Hendrik “Skolla” Scholtz is in die derde plek met 37 punte.
Die gholfklub bedank al die spelers wat aan die kompetisie deelgeneem het en nooi die publiek uit om Saterdag, 7 Julie, saam deel te neem aan die Bonus Bogey kompetisie wat by die klub sal plaasvind.
Jacques Lessing, Johan Meyer, Andrew Berkin en Deon van der Merwe neem die eerste plek met 57 punte.
Gerrie Nell, Robbie Roberts, Dennis Lountzis en Martin van Zyl neem tweede plek met 55 punte.
In derde plek is Andre Beer, Phillip Maritz, Johan Greyling en Hennus van der Merwe met 54 punte.
Daar is ’n totaal van nege spanne wat deelgeneem het en het elk met ’n wonderlike prys weggeloop.
Die dag se deelnemers het uitstekende gholf gespeel en die dag afgesluit met ’n skaap spitbraai en ’n gesellige kuier.
Groblersdal Gholfklub bedank dié lede wat sand geskenk het vir die baan en elke persoon wat van dié dag ’n reuse sukses gemaak het.
Op 16 Junie vind die NG Kerk gholfdag plaas by Groblersdal Gholfklub. Die gemeenskap word hartlik uitgenooi om aan dié dag deel te neem.
en Jan Jacobs.
Willie Oosthuizen is die wenner van die Bierbeker kompetisie, Rene Aguinaga is tweede en Jeann Luntzis derde.
Die klub bedank Gerrie Nell wat hierdie Bierbeker kompetisie moontlik gemaak het.
Diphale Sitrusdag 9 Mei 2018
Groblersdal Gholfklub het verlede Woensdag die Diphale Sitrusdag IPS kompetisie aangebied, waarvan 14 spelers deelgeneem het.
Pieter Louw is naaste aan die pen op 4 en 13 en Jakes Jacobs is naaste aan die pen op 8 en 17.
Jaco Pretorius is die wenner van die dag met 38 punte, Andre Beer tweede met 37 punte en Attie Els derde met 33 punte.
Die klub bedank Pieter Louw van Diphale Sitrus wat dié dag moontlik gemaak het.